'n Middag in Julie
Dis n koue wintersdag
dis lekker as die son my voete warm maak
Ek drink my teetjie en verlang na die somersdae
Hier in Nederburg straat lê die blare rond
Die stukkie son wat deur die venster skyn
maak my hart opgewonde
Ek hou nie van koud kry nie nog minder van koue grys dae
Ek sien uit na die lente en somer dan sal ek verseker ophou kla
Met jou groen pak en besem in die hand trotseer jy die koue
Die blare word bymekaar gevee en gehark en mooi netjies in n sak gepak
Die winter is net tydelik, ek sien uit na die son
Vir nou eet ons heerlik sop en n cherry smaak so lekker op die tong