ñ Pa se liefde vir sy seun
ñ Pa se liefde vir sy seun
Droewige verdriet
dit is al wat ek voel
Was alles verniet?
is die vraag wat oor my spoel
My kind jy is my als
jy moet dit weet
Al leer ander jou vals
ek sal jou nooit vergeet
Ek sal jou beskerm
tot einde van dae
Die ander kan maar kerm
in my arms sal ek jou dra
Dit wat jy deurgaan
is nie jou las om te dra
Dit wat nou aangaan
moes niemand van jou vra
Ek weet die pad lyk nou duister
ek weet jy is deurmakaar
Maar hoor wat ek jou fluister
deur die storm is ek daar
Ek weet jy mis jou Ma
Ek weet jy mis jou sussie
Weet net jy sal terug keer daar
aan die einde van die rusie
Pappa moes jou eers beskerm
uit gevaar uit kry
Die hof se reels is ferm
maar dit maak jou vry
ñ Pa se liefde ken geen einde
alles offer ek vir jou
Jou veiligheid my doeleinde
vertrou my net vir nou
Alles sal weer regkom
terugkeer na normaal
Jou lewe sal weer blom
al lyk die toekoms dalk nou vaal
Neill Barnard
Tue 15th Apr 2025 15:57
@Auracle dankie vir jou boodskap, ek verstaan wat jy geskryf het. Nederlands is baie naby aan Afrikaans, soos jy die Afrikaans verstaan, het ek begrip vir Nederlands. Ek waardeer jou boodskap opreg. Baie dankie 🙏🏻